Samwu-staking verby
2011-08-30 18:56
Johannesburg – Die munisipale vakbond Samwu het Dinsdag sy twee week lange staking afgelas, het Mthandeki Nhlapo, 'n woordvoerder, gesê.
Nhlapo het gesê loononderhandelings met die bedingingsraad sal voortgaan.
"Die besluit is deur die spesiale nasionale uitvoerende komitee geneem omdat lede "intimidasie" in die vorm van hofinterdikte ervaar en met afdanking gedreig is."
Meeste lede het reeds teruggekeer werk toe, hoewel sommige bereid was om voort te gaan met die staking.
Die spesiale nasionale uitvoerende komitee het Saterdag vergader en besluit om die staking Maandag af te las.
Die staking deur Samwu-lede in die watersektor sal steeds voortgaan.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA