Samesprekings in petroleumbedryf begin gou

2011-07-15 10:02
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Nuwe loonsamesprekings in die petroleumsektor sal Saterdag begin, het die Nasionale Brandstofwerkgewersvereniging (NPEA) Vrydag gesê.

"Daar is geen vergadering vandag (Vrydag) nie," het Mxolisi Ratsibe, voorsitter, gesê.

"Ons het 'n bemiddelaar en alles is beplan vir môre (Saterdag). Ons wag net vir een van die vakbonde om te bevestig."

John Appolis, beleidskoördineerder van die Chemical, Energy, Paper, Printing, Wood, and Allied Workers' Union (Ceppwawu), was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

Appolis het Donderdag gesê die staking sal volgende week voortgaan omdat werkgewers te stadig is met onderhandelings.

Ratsibe het gesê dit is moeilik om te sê of die staking voortgaan.

"As ons eers aan die gang is, sal ons alles moontlik doen om die dispuut op te los."

Appolis het gesê werkgewers het geen salarisvoorstelle gemaak op die laaste vergadering, wat op 24 Junie gehou is, nie.

Die aanbod wat toe ter tafel gelê is, was 7%, maar die vakbonde eis 11%.

Reggie Sibiya, uitvoerende hoof van die brandstof-kleinhandelaarsvereniging, het gesê hy twyfel of 'n ooreenkoms die naweek bereik sal word.

"Ek dink die staking sal volgende week voortgaan. Ek dink nie hulle sal van die kwessies voor Maandag kan oplos nie."

Sibiya het gesê al word die kwessies oor die naweek opgelos, is die agterstande groot.

"Dit is 'n lang proses. Ek twyfel dat dit oor die naweek opgelos kan word."

Hy het gesê 200 vulstasies in Gauteng het teen Vrydagoggend leeg geloop en dat sommige vulstasies oornag voorraad ontvang het.

Sowat 70 000 werkers van die vakbonde Ceppwawu en Giwusa eis ’n minimum salaris van R6 000 per maand en ’n 40 uur-werkweek. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: stakings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.