Samaritaan vermoor

2012-02-01 07:09
Tweets Share Share line Print

Treurnich en sy vrou, Isabell. (Foto verskaf)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Barmhartige Samaritaan is in Centurion vermoor, vermoedelik deur ’n Zimbabwiese man oor wie se gesin hy hom ontferm het.

Smartryk Treurnich (37) is met ’n mes doodgesteek.

Treurnich was ’n pianis wat vroeër sewe jaar lank sy lewe in teaters gemaak het.

Sedertdien het hy egter ’n aandelemakelaar geword. Hy en sy vrou, Isabell, het ook ’n openbare hulporganisasie genaamd Collective Inheritance bedryf waardeur hulle mense in nood bygestaan het.

Mev. Treurnich het gister gesê hulle het hulle onder andere ontferm oor ’n gesin Zimbabwiese vlugtelinge. Hulle het vir dié gesin huisvesting in Wierdapark, Centurion, gekry.

Verlede week het die pa van die gesin gedreig om sy vrou dood te maak en sy het weggeloop. Hy was oortuig die Treurnichs weet waar sy is.

Ondanks hul ontkennings kon hulle hom nie van die teendeel oortuig nie.

Eergisteroggend is Treurnich na die huis in Wierdapark waar hy met ’n mes doodgesteek is.

Mev. Treurnich het gesê sy het in die loop van die oggend ’n oproep van die Zimbabwiese man gekry.

Hy het aan haar gesê: “Ek het jou man. Gee my my vrou, dan gee ek jou jou man.”

Toe sy weer ontken dat sy weet waar sy vrou is, het hy die telefoon neergesit. Agterna wil dit egter lyk of haar man teen daardie tyd reeds dood was.

Op mev. Treurnich se Facebook-blad het talle vriende gister vertel watter wonderlike mens haar man was.

Een vriendin het geskryf: “As daar gesê kan word dat een persoon dit reggekry het om sy droom te droom, leef en sterf, dan was daar seker nog net een persoon en dit was ou Smartie. Hy het gelewe om ander te dien en het ook daarvoor gesterf.”

Begrafnisreëlings was gister nog nie getref nie.

Konst. Nare Setati en kapt. Agnes Huma, albei polisiewoordvoerders, kon in twee dae nie die moord op Treurnich bevestig nie.

Hulle kon ook nie sê of die verdagte steeds op vrye voete is nie, berig Gerhard Pretorius.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
76 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.