'Samaritaan' doodgery
2011-08-21 21:55
Johannesburg – ‘n Man wat die R59 in Alberton oorsteek het, is Sondagaand deur ‘n motor doodgery, het paramedici in Gauteng gesê.
Volgens Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, het die man sy motor gestop om mense te help wie se motor ‘n kort tydjie vroeër gerol het.
Hy is getref deur ‘n motor toe hy oor die snelweg na die ongeluk gehardloop het. Hy is op die toneel dood.
Die vyf mense in die aanvanklike ongeluk het ligte beserings opgedoen en is na die Natalspruit-hospitaal geneem vir behandeling.
- Volg Nuus24 op Twitter