Sakeman verdrink nadat hy werker uit Vaal red

2011-01-08 09:52
Tweets Share Share line Print

Parys - ’n Sakeman van die dorp het verdrink toe vloedwaters van die Vaalrivier hom meegesleur het.

Kobus Weideman (48), eienaar van die Rocky Ridge-vakansieoord buite Parys, het voor sy dood Donderdag eers een van sy werkers gered.

’n Dapper Weideman is oomblikke later in die watermassa dood.

Vloedwaters saai die laaste dae groot chaos op Parys. Terwyl die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) onverpoos werk om diere uit die vloedwater op Parys te red, het die Vrystaatse polisie gistermiddag in ’n noodstap ’n gesamentlike operasiesentrum (GOPS) op die dorp gestig.

“Groot probleme” word glo oor die naweek verwag en polisieduikers van Bloemfontein, Welkom, Sasolburg en Johannesburg is na Parys ontplooi om op gereedheidgrondslag te wees.

Kapt. Harry Nagel, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê die duikers wat van Bloemfontein en Welkom na Parys ontplooi is, het selfs ’n bykomende boot saamgevat.

Daar is reeds ’n boot vir duikers op Parys en Deneysville.

Marlene Weideman, wyle Weideman se gewese vrou, sê dit is kommerwekkend hoe mense die water aandurf.

“Mense gaan in die rivier in. Nou die dag moes ’n vrou en haar kind gered word. Ek het nou gesien hoe mense op ’n binneband in die water klim.”

Die Emfuleni-munisipaliteit in Gauteng asook die Suid-Afrikaanse weer-en-rampinligtingsdiens het vloedwaarskuwings uitgereik.

Linda Page van die departement van waterwese sê die watervlakke stroomaf in die Vaaldam gaan na verwagting vlakke bereik wat “laas gedurende die 1996-vloed gesien is”.

Suid-Afrika se riviere het toe uit hul nate gebars.

Huise is oorstroom, damme het gedreig om nedersettings met hul water mee te sleur, grensposte moes gesluit word en die Vaaldam het sy vloedterughouvermoë gebruik om die miljoene kiloliter water te beheer.

Christine Kuch, NDBV-woordvoerder, kon gistermiddag nog nie statistieke gee van hoeveel diere reeds gered is en hoeveel in die watermassa versuip het nie.

Kuch sê die probleem word vererger as die Vaaldam se sluise oopgemaak word.

Altesaam 17 van die Vaaldam se 60 sluise was Donderdagmiddag noodgedwonge oop. Dié dam in die groter Deneysville-omgewing was toe 108% vol. Donderdag was ’n piektyd in die vloedkrisis.

Klaas Mofomme, woordvoerder van die Emfuleni-munisipaliteit, het aan Riata Nel gesê eergister het 3,2 miljoen liter water per sekonde die Vaaldam binnegevloei.

Weideman was saam met twee van sy werkers besig om ’n stomp wat aan ’n hangbrug verstrengel geraak het, los te maak, toe hulle meegesleur is. Hy word oorleef deur twee kinders, Annelise (26) en Jacques (22), en sy verloofde, Esta.

- Volksblad

Lees meer oor: vloede  |  verdrinkings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.