Sakeman se lyk in Jhb-hotel gevind

2010-12-26 17:54
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die lyk van die omstrede Sandi Majali, 'n sakeman met hegte ANC-bande, is Sondag in die Sandton Quatermain-hotel in Johannesburg gevind.

"Paramedici het Majali op die toneel doodverklaar nadat hy deur sy meisie in die hotelkamer gevind is," het luit. kol. Lungelo Dlamini, 'n Gautengse polisiewoordvoerder gesê. 

Die oorsaak van sy dood is onbekend, maar sy prokureur, John Ncebetsha, sê die familie is besig om 'n verklaring saam te stel.

Majali was betrek by 'n sogenaamde olieskandaal ná onthullings in 2005 gemaak is dat PetroSA ’n voorskot van R15 miljoen aan Majali se Imvume Management betaal het, het Die Burger berig.

Imvume het vier dae ná hy die voorskot ontvang het en op die vooraand van die algemene verkiesing in 2004, ’n skenking van R11 miljoen aan die ANC gemaak.

Hy is in Oktober in hegtenis geneem nadat die direkteurskap van Kalahari Resources van Brian Amos Mashile en Daphne Mashile-Nkosi na ‘n groep van agt individue, insluitend Majali, verander het.

Die Sunday Times het op 23 Augustus 2008 berig Majali het blykbaar transaksies met Irak aangegaan op ’n wyse wat VN-sanksies teen die vorige Irakse leier, oudpres. Saddam Hoesein, oortree het.

Lees meer hier

Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: sandile majali

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.