Sakeman dood in sy winkel gekry

2012-02-23 08:03
Tweets Share Share line Print

Upington – ’n Geliefde en bekende sakeman van dié dorp het vermoedelik in sy winkel, Indaba Soundkorp, selfmoord gepleeg.

Geskokte omstanders het Woensdagoggend in ongeloof in die straat voor die winkel saamgedrom waar Lionel Kurten (50) homself vermoedelik geskiet het.

Sy wit bakkie was nog in die parkeergebied, waar hy die vorige aand geparkeer het.

Sy lyk is omstreeks 08:30 in die pakkamer van sy musiekwinkel gevind. ’n Haelgeweer is langs sy lyk gekry.

’n Motorwag, wat goed aan hom bekend was en bitter ontsteld is oor die voorval, sê sy het Kurten nog Dinsdagaand gesien voordat sy huis toe is.

“Ons was nie vriende nie, maar hy het my vertrou. Hy het my altyd gestuur om goedjies vir hom te gaan haal, of iets by die winkel te koop,” sê die vrou wat anoniem wil bly.

Sy sê Kurten het Dinsdag nog vir haar R50 gegee en gesê sy moet vir haarself iets lekkers gaan koop.

Volgens haar het Kurten ontsteld voorgekom en aan haar gesê hy is hartseer.

Die vrou was Woensdag omstreeks 06:20 in die omgewing van die winkel waar die deur effens oopgestaan het. Dit was vir haar ongewoon, maar sy was bang en het weggeloop.

Sy het later die oggend by ander mense gehoor “iemand is geskiet”.

Kurten was glo ’n kankerlyer en is onlangs van sy vrou vervreem. Sy huis is ook in die mark.

Hy was veral bekend in musiekkringe.

’n Vrou wat by die winkel langs Indaba Soundkorp werk en ook anoniem wil bly, sê: “Hy groet ons altyd so vriendelik. Hy het gister nog hier buite staan en rook. Ek kan nie glo dit het gebeur nie.”

Kapt. Jacques September, polisiewoordvoerder, het bevestig die saak word ondersoek.

Hy sê geen misdaad word vermoed nie en ’n geregtelike ondersoek word gedoen.

Die polisie ondersoek ook die moontlikheid dat Kurten moontlik Dinsdagaand reeds oorlede is.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: selfmoord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.