Sakeman brand by braai

2009-09-22 04:50
Tweets Share Share line Print

Elsje Blair

’n Gewilde sakeman van Aliwal-Noord is in ’n bedenklike toestand nadat hy vermoedelik petrol oor sy braaikole gegooi het.

Robert Swanepoel (38), wat as “’n groot braaier” beskryf word, het erg verbrand toe hy vermoedelik petrol oor die kole gegooi en die petrolhouer in sy gesig ontplof het.

Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Bloemfontein-Medi-Clinic, het gesê Swanepoel het brandwonde aan sy gesig en bolyf en veral sy arms opgedoen. Hy het ook van die vlamme ingeasem. Hy is in die hospitaal se waakeenheid.

“Hy is aan ’n ventilator gekoppel en sy toestand is kritiek maar stabiel. Hy gaan môre weer na die teater gebring word vir verdere veloorplantings.”

Swanepoel se vrou, Mercia, wat langs sy bed waak, was gister nog baie getraumatiseerd ná die voorval.

“Robert en drie vriende het ná ’n vergadering omstreeks 23:00 by ons huis gebraai. Die vuur wou nie vlam vat nie en iemand het voorgestel dat Robert bietjie petrol op die kole moet gooi. Hy braai gereeld en hy is baie verantwoordelik as dit by sulke goed kom.”

Sy was in die huis besig om te werk en hul drie kinders het geslaap toe sy ’n oorverdowende slag buite gehoor het.

“Ek het na buite gehardloop. Dit was chaos. Robert was vol vlamme en hy het geskree: ‘Ek brand, ek brand!’ Die hond het ook gebrand en rondgehardloop. Wickus Els, ’n vriend, het Robert gegryp en hom op die grond gegooi sodat hy die vlamme met die grond kan blus.”

Die kinders het wakker geword van die gillery. Sy het hulle weer bed toe gestuur, het sy gesê.

“Robert het petrol in die petrolkan se proppie gegooi en dit glo oor die kole gegooi. Hy het die petrolkan in sy een hand vasgehou terwyl hy langs die braaier gestaan het. Ons weet nie wat toe presies verder gebeur het nie.”

Santie Terblanche, sy suster, het gesê hulle het dadelik met Swanepoel na die hospitaal in Aliwal-Noord gejaag. Hy is daarna na Bloemfontein geneem.

Haar broer is nog onder verdowing, het sy gesê.

- Beeld

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.