Sak onderklere kelder byna Stormers-terugvlug

2011-06-20 08:55
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Die Stormers se terugkeer na Kaapstad ná sy sege oor die Cheetahs is amper in die wiele gery toe ’n “bom” op die Bloemfonteinse lughawe ontdek is.

Dit het Sondag geblyk die verdagte sportsak in die lughawegebou wat deur ’n polisiehond as ’n moontlike bom uitgewys is, was toe net ’n sak vroue-onderklere.

Jean de Villiers, Springbok-senter, wat die naweek as regtervleuel vir die Stormers uitgedraf het, het gesê hulle was Sondag omstreeks 10:00 reeds op die vliegtuig toe die vlieënier aankondig die lughawe is pas ontruim.

“Toe ons dít hoor, was ons net te bly om reeds op die vliegtuig te wees, want ons het ook gehoor vlugte van Johannesburg na Kaapstad is gekanselleer weens vulkaniese as.”

Chippy Solomons, spanbestuurder, wat langs De Villiers op die vliegtuig gesit het, het gesê hulle is nie opgehou nie.
“Ons het almal ons sportsakke gehad. Dit was vir seker ’n ander soort bom daai!”

Johan Scholtz, lughawebestuurder, het gesê ’n verdagte sportsak is in die lughawegebou gekry. “Niemand het die sak opgeëis nie. Ons het die gebou ontruim en die honde-eenheid ontbied. ’n Plofstof-hond, wat tot by die sak gebring is, het dadelik gaan lê wat beteken die sak kan plofstof bevat.”

Net vroue-onderklere is in die sak gekry.

“Ons het ook aanvanklik gelag vir dié vonds, maar soos ek sê, ons vat nie kanse nie. Vir die hond om by die sak te gaan lê, het beteken daar was vermoedelik voorheen iets soos ammunisie óf ’n vuurwapen in daardie sak.”

Hy het bygevoeg hulle gaan die eienaar probeer opspoor.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: kan jy glo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.