Sadou dreig om te staak
2010-07-16 17:58
Kaapstad - Die onderwysersvakbond, Sadou, dreig om met 'n landwye staking te begin, het RSG op hul webwerf berig.
Dit volg nadat Sadou die regering se salarisverhoging van 6,5% verwerp het.
Ronald Nyathi, Gautengse woordvoerder van die vakbond, het gesê hulle bespreek nog die aanbod met hul lede, maar die meerderheid is ten gunste van 'n staking.
Die vakbond dring aan op 'n 8,6% verhoging en 'n duisend rand behuisingstoelaag wat terugwerkend tot April is.
- Volg Nuus24 op Twitter.