Saak teen intelligensiehoof uitgestel
2011-06-24 16:55
Johannesburg – Die saak teen lt.genl. Richard Mdluli, hoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, is Vrydag in die Boksburg-landdroshof tot September uitgestel.
Mdluli en sy drie medebeskuldigdes het Vrydagoggend vlugtig in die hof verskyn. Hy word daarvan beskuldig dat hy 'n dekade gelede die moord op 'n man van Vosloorus beplan het.
Die staat het gevra dat die saak drie maande uitgestel word vir verdere ondersoek. Die verdediging het ingestem.
Die staat sal na verwagting op 30 September sy ondersoek afhandel, hul dossier en die beskuldigdes se klagstate inhandig en 'n verhoordatum bepaal.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter