Saak teen vermeende baba-klapper heropen

2011-03-08 09:00
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die saak waarin ’n dagmoeder van Teddy Winks-kleuterskool in Suiderberg, Pretoria-Wes, daarvan verdink word dat sy ’n baba aangerand het, is heropen en na die direkteur van openbare vervolging (DOV) gestuur vir beslissing.

Beeld het verlede week berig dat mev. Linda Mans, die dagmoeder, nie meer vervolg gaan word op aanklag van aanranding op Keylaene-Maré Schreiber (10 maande) nie.

Die polisie het toe aan Daryl Schreiber (27), Keylaene-Maré se pa, gesê daar is te min bewyse teen Mans en dat die DOV besluit het om die klag teen haar te laat vaar nadat sy ontken het sy het die baba geslaan.

Kapt. Bongi Msimango, polisiewoordvoerder, het egter Maandag gesê die aanklag teen Mans is nie laat vaar nie. “Die dossier was by die openbare vervolger en is nou vir beslissing na die DOV gestuur,” het Msimango gesê.

Schreiber het dié verwikkeling verwelkom.

Die klag teen Mans is ingedien omdat sy Keylaene-Maré na bewering “herhaaldelik en hard” op die boude, bene, rug en arm geslaan het.

Mans het ná die voorval aan Schreiber en sy vrou, Berna­dine (30), gesê ’n vrou in haar diens het hul dogter “gepiets omdat sy nie wou slaap nie”. Mans het gesê tydens die voorval het sy haar ma hospitaal toe geneem.

Die baba was skaars ’n week by die dagmoeder toe die voorval op 10 Januarie gebeur het.

Schreiber het gesê die dagmoeder het haar naam net as Chantelle aan die polisie gegee en ’n selfoonnommer wat glad nie werk nie.

Msimango het gesê die DOV het ook nog nie besluit oor die klag van aanranding op Divan Myburgh (10 maande) nie.

Mans het hom glo so hard op die regterwang geklap dat haar vingermerke vyf dae ná die klap nog sigbaar was.

Intussen het dit aan die lig gekom dat Mans nie ’n geregistreerde dagmoeder is nie en dat sy nie haar lidmaatskap by die Pretoriase Dagmoedervereniging hernieu het nie nadat dit op 31 Desember 2010 verval het.

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: kindermishandeling  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.