Saak teen Henning-moordbeskuldigde uitgestel
2012-01-17 14:03
Pretoria – Die verhoor van ‘n 24-jarige man wat glo betrokke was in die moord op die assistent-onderwyser Chanelle Henning is Dinsdag in die Pretoria-streekhof tot 16 Februarie uitgestel.
Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel en Preshan Singh se borgtog van R5 000, wat in November toegestaan is, is verleng.
Twee van sy mede-beskuldigdes, Ambrose Monye (37) en André Gouws (47) sal na verwagting later Dinsdag om borgtog aansoek doen.
Henning is geskiet terwyl sy in Faerie Glen in Pretoria gery het, kort nadat sy haar vyfjarige seun by die Morning Star Montessori-kleuterskool afgelaai het.
Nog twee beskuldigdes, Gerhadus du Plessis (34) en Willem Martinus Pieterse, is op 14 Desember skuldig bevind en is elk tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.
Hulle het nie net skuld erken op die moord nie, maar ook vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.
– Volg nuus24 op Twitter
- SAPA