Saak oor Kaapse tolpaaie draai in hof
2011-10-10 12:48
Kaapstad – Die stad Kaapstad het hom tot die Kaapse hooggeregshof gewend om te verklaar of daar 'n geldige dispuut met die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) is oor die instelling van 'n tolpad.
Sanral beplan om padwerke vir die voorgestelde tolpaaie op die N1 en N2 in Februarie te begin.
Die stad is bekommerd oor die sosio-ekonomiese impak wat die tolpaaie op Kaapstad sal hê.
"Die stad het Vrydag om 'n interdik aansoek gedoen wat Sanral sal verhoed om verdere stappe te neem," het Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer, gesê.
Die stad het 'n dispuut met die departement van vervoer verklaar, maar Sanral ontken dat 'n dispuut bestaan.
Herron het gesê die stad sal die hof vra om te sê of 'n dispuut wel bestaan.
Die saak word op 6 Desember aangehoor.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA