SOE-hoof nie deur polisie ondervra
2011-07-15 15:12
Johannesburg – Adv. Willie Hofmeyr, hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), is nog nie ondervra in verband met 'n ondersoek teen hom nie.
"Ek is nog nie ondervra nie, maar die SOE is deur die ondersoekbeampte genader vir agtergrondinligting," het Hofmeyr aan joernaliste in Johannesburg gesê.
Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het vandeesweek bevestig dat hy ’n dossier ontvang het oor die polisie se ondersoek na Hofmeyr.
Die ondersoek hou oor die algemeen verband met die beweerde wanbesteding van geld by die SOE en die beweerde verontagsaming van aankoopprosedures in die toekenning van ’n tender vir die opknapping van die eenheid se kantore in Silverton, Pretoria.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA