SOE-aanstelling 'tydelik'
2011-12-21 22:55
Johannesburg – Die aanstelling van adv. Nomvula Mokhatla as hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) is tydelik, het die presidensie Woensdag gesê.
Sy is die vierde persoon wat oor die afgelope paar weke as hoof van die eenheid aangestel is.
Mokhatla is Woensdag deur Zuma aangestel.
Adv. Willem Heath het vroeër ná sy uitlatings oor oudpres. Thabo Mbeki uit die pos bedank.
"Ons moet oor die langtermyn na dinge omsien," het Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, gesê.
Mokhatla het adv. Nomgcobo Jiba, wat verlede week aangestel is, vervang.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter