SMS-taal 'laat leerders nie verkeerd spel nie'

2010-10-11 09:22
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Selfone, SMS’e en MXit is nié die rede waarom kinders nie kan spel nie.

Dít het onlangs aan die lig gekom in ’n studie van Kristy Winzker, ’n nagraadse student in filosofie aan die Universiteit Stellenbosch.

Die studie is onder 88 leerders van ’n Engels-Afrikaanse dubbelmediumskool in ’n middelklas-gemeenskap in die Wes-Kaap gedoen.

Die studie, getiteld “Investigating the impact of SMS speak on the written work of English first language and English second language high school learners”, het gefokus op die effek van SMS-taal op kinders se geskrewe werk.

Daar is spesifiek gekyk na spelfoute, gebrek aan of oorgebruik van leestekens, verkorting en weglating van woorde en die gebruik van emotikone.

Die studie toon dat leerders wel baie van SMS’e en MXit-tegnologie gebruik maak, maar dat die voorbeelde van verkeerde taalgebruik as gevolg hiervan nie buitensporig nie.

Kinders het die vermoë om tussen die taalregisters te onderskei en kan die korrekte vorm van geskrewe werk lewer wanneer dit van hulle verwag word, het sy bevind.

Volgens Winzker is dit die onderwyser se verantwoordelikheid om kinders toe te rus met taalkennis en ’n sin van verantwoordelikheid om taal korrek te gebruik.

“Die onderwyser en die taalbeleid by die skool speel ’n bepalende rol in leerders se korrekte taalgebruik.”

Volgens dr. Kate Huddelstone van die departement algemene taalwetenskap van die US kan die bevindings van dié studie nie noodwendig deurgetrek word na Afrikaans nie.

“Daar is baie minder letter- en nommer-woorde in Afrikaans wat dieselfde klink.”

- Die Burger

Lees meer oor: studies  |  taal  |  mxit  |  tegnologie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.