'SA'ners verdien om feite oor land se geskiedenis te ken'
2011-12-18 11:54
Kaapstad – Oud-president, Thabo Mbeki het gesê Suid-Afrikaners verdien om die feite oor die land se geskiedenis te ken, wat nog nie openbare kennis is nie.
Hy het dié kommentaar in 'n artikel wat hy geskryf het gemaak, in reaksie op bewerings deur die voormalige hoof van die Spesiale Ondersoek-eenheid, Willem Heath.
Volgens Mbeki het hy inligting tot sy beskikking wat belangrike dele van die legkaart is, wat Suid-Afrika se evolusie oor 'n aantal dekades verduidelik.
Heath het bedank ná kommentaar wat hy oor Mbeki in 'n naweekkoerant gelewer het.
Dit sluit aantygings in dat Mbeki agter die destydse verkragting-beskuldigings teen president Jacob Zuma was.
– RSG.
– Volg Nuus24 op Twitter.