SAPD verloor glo 3000 vuurwapens
2010-01-27 16:55
Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse polisiediens (Sapd) het 4000 nuwe Beretta-vuurwapens bestel, het ARMSCOR se webwerf berig.
“Dit is nie gedoen om hul skietvermoë te verbeter nie, maar om hul verlore en gesteelde vuurwapens te vervang,” het Dianne Kohler Barnard, DA-LP woordvoerder gesê.
“Dit is egter ‘n feit dat verlede jaar amper 3000 van die polisie se vuurwapens, oor ‘n tydperk van ses maande óf gesteel óf weggeraak het,” het Kohler Barnard gesê.
Vir die volledige storie, besoek iol