SAPD skuldig aan wanbestuur
2011-02-22 16:09
Pretoria - Adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer (OB), het Dinsdag tydens ‘n mediakonferensie bekend gemaak dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) skuldig is aan wanbestuur.
Dít kom nadat genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, glo by ‘n peperduur eiendomstransaksie betrokke was.
Die R500 miljoen-huurkontrak sou beteken dat die polisie se hoofkantore na die Sanlam Middestad-gebou in Pretoria sou skuif.
Madonsela het die departement van openbare werke ook skuldig bevind aan ongepaste gedrag en wanbestuur weens die kontrak wat hulle met die biljoenêr Roux Shabangu onderteken het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA