SAPD-lid is soek
2009-07-28 14:51
Pretoria – Die soektog na ‘n polisieman wat in Ga-Rankuwa vermis word, duur voort.
Die 48-jarige inspekteur, Andrew Rapeta, het vroeër die maand in Ga-Rankuwa noord van Pretoria vermis geraak terwyl hy oppad was huis toe.
“Ons het nog geen leidrade nie, maar die soektog duur voort,” het insp. Matthew Nkwadi van die Suid-Afrikaanse Polisiediens Dinsdag gesê.
Rapeta is die laaste keer gesien toe hy sy werkplek om 19:00 op 2 Julie verlaat het om huis toe te gaan. Hy het egter nooit by sy huis uitgekom nie.
Sy verlate motor is twee dae later in Ga-Rankuwa se industriële area gevind.
- SAPA