SANW moet help om renosterstropery te keer
2010-11-15 16:28
Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) het ‘n dringende versoek gerig dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) ingespan moet word om renosterstroping te help bekamp, het Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, Maandag gesê.
“Renosterstroping is ‘n misdaad wat ons onmiddellik moet stopsit. Dit is wreed. SANParke het ‘n dringende versoek aan ons gerig om hulle te help.”
“Die SANW het wan die beste land- en lugtoerusting om hierdie funksie te verrig. Denel [vervaardiger van verdedigingstoerusting] het ook van die beste lugtoerusting, wat ons kan help om die stroping te keer. Ons werk aan hierdie saak, dit is dringend,” het sy in ‘n verklaring gesê.
Sisulu het bygevoeg dat die SANW besig was om die besonderhede te finaliseer om te verseker dat hulle gereed sal wees om te help.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA