SAL kanselleer vlugte na en van Brittanje
2010-04-20 21:00
Johannesburg - Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Dinsdag alle vlugte na en van Brittanje om veiligheidsredes weens die vulkaniese aswolk van Ysland wat oor dele van Europa en Brittanje hang, gekanselleer, het die lugredery gesê.
Die vlugte hierdeur beïnvloed word is:
SA3236 van Johannesburg na Londen
SA3237 van Londen na Johannesburg
SA260 Johannesburg na Frankfurt
SA264 Johannesburg na München
SA261 Frankfurt na Johannesburg
SA265 München na Johannesburg
SA234 Johannesburg na Londen
SA236 Johannesburg na Londen
SA220 Kaapstad na Londen
SA235 Londen na Johannesburg
SA221 Londen na Kaapstad
"SAL hou die situasie in samewerking met die Europese lugruim dop.
Vlugte sal weer soos normaal funksioneer sodra die aswolk geen gevaar meer in hou nie, het die lugredery gesê.
-Sapa