SAKP kritiseer rol van media in demokrasie
2010-08-19 21:10
Johannesburg – Blade Nzimande, die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP) se algemene sekretaris, het Donderdag die rol van die media in demokrasieë gekritiseer.
“Terwyl die media ‘n baie belangrike bondgenoot vir demokrasie is, kan dit op dieselfde tyd ‘n groot struikelblok wees wat verhoed dat ons vorentoe beweeg,” het Nzimande in Johannesburg gesê.
Volgens Nzimande was ideologieë en eienaarskap van die media kwessies waarna gekyk moet word.
Nzimande het verder ook demokrasieë op die Afrika-kontinent gekritiseer.
“Wat ons na verwys as multi-party demokrasieë is net ‘n herwinning van die elite,” het hy gesê.
Hy het demokraties verkiesde leiers daarvan beskuldig dat hulle westelike belange dien, ten koste van hul eie bevolking.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA