SAKP: 'Ons sal die ANC nie verlaat nie'
2012-08-05 17:26
Johannesburg – Ten spyte van toenemende kritiek oor die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) se verhouding met die ANC, sal dié party die ANC "nooit verlaat nie," het die sekretaris-generaal van die SAKP, Blade Nzimande, Sondag gesê.
Nzimande het ‘n toespraak gelewer by die herdenking van die SAKP se 91ste bestaansjaar in die Johannesburgse stadsaal.
“Ons moderne teenstanders, wat vanuit die gemaksones van hul... nie-regeringsorganisasies en akademiese instellings die SAKP-alliansie met die ANC kritiseer, sê dat ons aan die ANC vasklou,” het hy gesê.
"Toe daar probleem in die SAKP-ANC-verhouding was, het hulle die gevier, en ons daarvan beskuldig dat ons optree soos 'n vrou wat geslaan word; en wanneer dit goed gaan in die alliansie, soos dit grootliks op die oomblik gaan, kla hulle dat die SAKP "uitermatige invloed" het oor die regerende party."
Nzimande het gesê kritici meen die SAKP is nie dapper genoeg om op sy eie in 'n verkiesing te staan nie. Dié party het egter nog altyd agter die ANC gestaan, het hy benadruk.
"Ons sal die ANC nie verlaat nie."
– Volg Nuus24 op Twitter