SAKP: 'Inligtingswet beskerm staatsekerheid'
2011-11-27 17:02
Johannesburg – Protes teen die Wetsontwerp op die Beskerming van Openbare Inligting ondermyn staatsekerheid, het die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party Sondag in Gauteng gesê.
“Ons verwerp enige pogings om die sekerheid van die nasionale demokratiese revolusie aan die kommersiële en kapitalistiese media te oorhandig,” het die provinsiale sekretaris van die SAKP, Jacob Mamabolo, gesê.
Mamabolo het gesê sy party glo as die wetsontwerp eers ingesweer is, sal dit die nasionale demokratiese revolusie “beskerm”.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA