SABC ontken aantygings oor Mandela-begrafnis

2011-07-21 18:24
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ‘n Ondersoek deur die SABC kon geen bewyse vind wat ‘n nuusberig sou staaf dat dié uitsaaier R3 miljoen aan Hoofman Mandla Mandela betaal het vir die regte tot Nelson Mandela se begrafnis nie.

“Die SABC het alle moontlike kanale uitgeput om uit te vind waar so ‘n kontrak sou wees, en daar is bevind dat geen só ‘n kontrak bestaan nie,” het Kaizer Kganyago, woordvoerder, Donderdag gesê in ‘n gesamentlike verklaring deur die SABC en Hoofman Mandela.

Luidens ‘n berig in die Sunday World-koerant van 31 Mei 2009 het die SABC R3 miljoen aan Mandla Mandela betaal vir die eksklusiewe regte tot sy oupa se begrafnis.

Volgens Kganyago het die SABC die kwessie reeds in ‘n verklaring in 2009 opgeklaar, maar “sommige gedeeltes van die media-gemeenskap verwys steeds na dié aantygings as feite.

“Gevolglik het ‘n persepsie voortbestaan wat gelei het tot die skaad van Hoofman Mandela se beeld,” het Kganyago gesê.

“Die SABC en Hoofman Mandela het dit nodig geag om die kwessie weer aan te raak en die boodskap aan die publiek oor te dra sodat die kwessie vir eens en vir altyd tot ruste kan kom.”

Hoofman Mandela het ‘n beroep op “alle media-praktisyne” gedoen om “die nagevolge van die verspreiding van valse inligting te oorweeg”.

Hy het in die verklaring gesê: “Ek hoor vandag nog mense hieroor praat en hoe hulle hierdie leuens gebruik om te bepaal watter soort persoon ek is. Ek is bly ons kan hierdie kwessie nou tot ruste laat kom.”

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.