SABC ondersoek huur van luukse motors
2011-10-11 13:32
Johannesburg – Die SABC het 'n ondersoek geloods na die beweerde oortreding van 'n moratorium oor die huur van nuwe voertuie, het Kaizer Kganyago, woordvoerder, gesê.
"Ons neem aksie in die saak, ons praat met mense," het hy gesê.
Kganyago het reageer op 'n nuusberig van Eyewitness News dat die openbare uitsaaier R20 miljoen spnadeer het op luukse voertuie vir sy nuusspan.
Die motors is nie verseker nie en word by verskeie SABC-komplekse geparkeer.
Interne korrespondensie toon dat 86 nuwe voertuie in September teen 'n koste van R20 miljoen van die SABC se huidige verskaffer verkry is.
In e-posse wat tussen bestuurders by die uitsaaier gestuur is, sê hulle die nuusspan is desperaat vir nuwe voertuie.
Belangrike stories word gemis en kameramanne kon glo vir ses maande nie die kantoor verlaat nie.
Kganyago het gesê die openbare uitsaaier gaan, hangende die ondersoek na die saak, nie kommentaar lewer oor die beweerde R20 miljoen wat op motors spandeer is nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA