SABC ignoreer IVP, sê Buthelezi
2012-09-14 19:40
Johannesburg – Mangosuthu Buthelezi, president van die IVP, het aangedring op gelyke nuusdekking vir politieke partye.
Buthelezi het gepraat tydens ‘n IVP-betoging buite die SABC se se hoofkwartier in Johannesburg.
Hy beweer die uitsaaier het die IVP blatant geïgnoreer en hou hom met opset uit die openbare oog.
“Die SABC moet die stem van die mense wees, maar dis net ANC oral waar jy kyk,” het Buthelezi gesê.
“Ons is nie hier om te baklei nie. Ons is hier om op gelykheid aan te dring vir alle Suid-Afrikaners.”
Ben Ngubane, die SABC se voorsitter, het ‘n memorandum van verstandhouding van die IVP in ontvangs geneem.
“Dit is nie verrassend dat die SABC voorkeur vir die regerende party gee nie, maar dit is verkeerd.”
Die SABC het vroeër die week ook die nuus gehaal toe ‘n vakbond beweer het dat die SABC sy joernaliste opdrag gegee het om nie nuus oor Julius Malema, die geskorste leier van die ANC jeugliga, uit te saai nie.
Buthelezi het ook die ANC gekritiseer omdat hulle die mag het om raadslede van die SABC te kies en dat hulle altyd net ANC-lede kies.
Ngubane het die memorandum aanvaar en die IVP verwelkom.
“Hierdie is julle SABC en ons verwelkom julle,” het Ngubane gesê.
Hy het egter ontken dat die SABC al voorheen klagtes van die IVP ontvang het.
“Ons het nog nie die klagtes gesien nie, maar ons sal saamwerk om die kwessies op te los.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA