'SABC het nie Mbeki-dokkie geweier'

2009-11-17 16:25
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die SABC het nie geweier om 'n omstrede dokumentêre program oor die Thabo Mbeki-era en MIV-sterftes uit te saai nie, sê die nuusagentskap Health-e.

"Hulle het nooit geweier om dit uit te saai nie," het Kerry Cullinan, besturende redakteur van Health-e, gesê.

"Die SABC het 'n ruk geneem om te besluit of hulle dit wou hê. Hulle het nooit gesê hoekom nie."

Beeld het Dinsdag berig dat dié program  aanvanklik vir die SABC se Special Assignment gemaak is, maar die korporasie het glo bevind dat die aantygings teen Mbeki te omstrede en selfs ongegrond is.

The Price of Denial kyk na die prys wat Suid-Afrika steeds betaal weens Mbeki se ontkenningsbeleid oor MIV/vigs.

Dit toon onder meer aan hoe duisende babas onnodig met die virus besmet is, al het farmaseutiese maatskappye nevirapien gratis aan die staat gebied.

Die program vertel ook die verhaal van verkragte kinders wat weens regeringsopdrag nie antiretrovirale medisyne by die staat kon kry nie

Dit stel die vraag of daar enige manier is waarop die regering nou kan vergoed vir die skade wat gewone mense steeds ly.

Die program is aanvanklik deur Health-e News Service vir die SABC vervaardig. Dit haal onder meer ’n studie van die Harvard-universiteit aan dat meer as 330 000 Suid-Afrikaners onnodig dood is in die jare van Mbeki se ontkenningsbeleid.

Nuushoofde by die SABC het twee maande lank gewik en geweeg of hulle dié dokumentêr gaan uitsaai. Health-e News Service het die program aan die SABC onttrek en dit aan e.tv aangebied.

Beeld verneem dat die SABC “besorg” was oor van die aantygings en gevoel het dat dit selfs onregverdig was.

Mbeki het geweier om aan die program deel te neem of kommentaar te lewer.

Volgens die program is meer as 70 000 kinders in die beginjare van die Mbeki-era elke jaar met MIV gebore. Die regering kon nevirapien verniet kry, maar Mbeki het geweier omdat dit glo giftig sou wees.

Selfs nadat die kabinet ’n landwye bekendstelling van antiretrovirale medisyne goedgekeur het, het dr. Manto Tshabalala-Msimang, Mbeki se minister van gesondheid, voete gesleep met die inwerkingstelling van die beleid en volgehou met die bevordering van ’n omstrede dieet van onder meer knoffel, olyfolie en beet.

Die uitvoerende regisseur van 3rd Degree, Debora Patta, sê The Price of Denial lug belangrike vrae rondom ’n dekade van ontkenning en kwaksalwery.

Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SABC, weier om kommentaar te lewer voor hy meer inligting oor dié saak het.

Buti Manamela, leier van die Young Communist League, het gesê Mbeki en Tshabalala-Msimang moet aangekla word van volksmoord.

In reaksie op dié stelling, het Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, gesê die ANCYL sal nie toelaat dat Mbeki aangekla word nie.

"Thabo Mbeki het dalk foute gemaak, maar ons kan hom nie aankla nie. Ons moenie een van ons eie (mense) aankla nie," het Malema Maandag gesê.

– Sapa
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: sabc  |  skandale  |  miv/vigs  |  thabo mbeki

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.