SABC-groephoof kry glo jaar se salaris om te loop

2011-01-21 11:13
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Solly Mokoetle is glo R3,1 miljoen – gelykstaande aan een jaar se salaris – deur die SABC betaal om uit sy pos as die uitsaaier se groephoof te bedank.

Dié bedrag is voor belasting en die skikkingsooreenkoms, waarop Woensdag ooreengekom is, bevat ook ’n handelsbeperkingklousule.

Na wat verneem word wou Mokoetle “die SABC hoegenaamd nie soos adv. Dali Mpofu (sy voorganger, wat meer as R14 miljoen in ’n skikking ontvang het) vir geld melk nie” en was albei partye tevrede met die ooreenkoms.

Jurgens Bekker, Mokoetle se regsverteenwoordiger, wou nie kommentaar oor die skikkingsbedrag lewer nie “omdat dit vertroulik is”.

“Ek kan wel sê dat bedrae wat Donderdag genoem is, van R30 miljoen tot R15 miljoen tot R6 miljoen, absolute snert is.”

Mokoetle, wat in Januarie verlede jaar as groephoof aangestel is, is in Augustus geskors omdat hy nie die korrekte prosedure met die aanstel van ’n nuushoof gevolg het of ’n omkeerplan vir die uitsaaier aan die beheerraad voorgelê het nie.

Sy tugverhoor het egter nooit plaasgevind nie en bemiddelingspogings het misluk. Volgens inligting was Mokoetle vasbeslote om na die uitsaaier terug te keer, maar dit het gaandeweg duidelik geword die raad wil hom nie terughê nie.

Die DA het by monde van Natasha Michael, LP en woordvoerder oor kommunikasie, gesê dis noodsaaklik dat alle besonderhede oor die skikking openbaar gemaak word.

Volgens haar het die publiek die reg om te weet omdat die SABC deels deur belastingbetalersgeld gefinansier word.

Sy het met verwysing na die Mpofu-skikking gesê groot uitbetalings aan die hoofamptenare van staatsinstellings is ’n gereelde verskynsel.

“Sulke uitbetalings het die publiek die afgelope tien jaar sowat R250 miljoen gekos en weinig van dié hoofbeamptes is verantwoordbaar gehou.

“Inteendeel, in die meeste gevalle het bestuurders direk baat gevind by hul swak vertoning deur met groter bonusse, goue handdrukke en senior regeringsposte beloon te word.”

Kate Skinner, sameroeper van die Red Openbare Uitsaai-koalisie, stem saam die skikking moet openbaar wees.

Sy het Mokoetle se bedanking verwelkom. “Ons is bly die sage is afgehandel en hoop dat die SABC iemand met visie en ’n sterk leier as hoof sal kry.

“Dit is noodsaaklik dat ’n omkeerstrategie behoorlik toegepas word.”

Skinner sê ’n deel van die probleem tussen Mokoetle en die raad was dat hy van die tussentydse raad geërf is. “Nou kan die dienende raad ten minste self ’n groephoof aanwys.”

Intussen het Roy Padayachie, minister van kommunikasie, die skikking verwelkom, berig Sapa.

Volgens hom is dit nou die tyd vir die SABC om ’n nuwe baadjie om te slaan. “Die belangrikheid van ’n stabiele openbare uitsaaier wat sy mandaat nakom, kan nie oorbeklemtoon word nie.”

- Volksblad

Lees meer oor: solly mokoetle  |  sabc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.