SAA hervat vlugte
2011-06-19 11:05
Johannesburg – Vlugte van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) sal weer volgens hul normale skedule hervat word, het die maatskappy Sondag gesê.
"Die vlugte is slegs Saterdag gekanselleer en alles is nou weer reg," het Dileseng Koetle, woordvoerder van SAA, gesê.
Alle vlugte na en vanaf Kaapstad, Port Elizabeth en Oos-Londen, sowel as 'n vlug van Johannesburg na Londen is gekanselleer weens die aswolk wat deur 'n vulkaan in Chili veroorsaak is.
"Die vlugte is slegs as voorsorgmaatreël gekanselleer. Ons het verblyf vir die aand verskaf en al die passasiers het hul bestemmings bereik."
SAA sal die situasie monitor en passasiers inlig as verdere vlugte gekanselleer is.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA