SAA: Spesiale vlugte na Londen
2010-12-21 22:53
Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) sal Woensdagoggend twee spesiale vlugte na Londen beskikbaar maak, het 'n woordvoerder gesê.
“SA 3236 sal omstreeks 09:00 vanaf Johannesburg vertrek met SA 3220 wat om 08:30 vanaf Kaapstad sal vertrek,” het Fani Zulu Dinsdag in ‘n verklaring gesê.
Hy het ook gesê die lugdiens se normale vlugskedule sal vir die res van die dag gevolg word wat drie vlugte vanaf Suid-Afrika na Londen en drie vlugte vanaf Londen na Suid-Afrika insluit.
“Dit volg nadat owerhede in Londen besluit het om die lughawe weer oop te stel.”
Die spesiale oggendvlugte sal aan SAA-passasiers gaan wat sedert Saterdag gestrand is nadat alle vlugte gekanselleer was.
Heathrow het op 18 Desember ‘n kennisgewing uitgestuur en gesê swaar sneeu het veroorsaak dat talle vlugte gekanselleer moes word.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA