SA steeds in die duister oor Dewani
2012-02-06 17:01
Kaapstad – Plaaslike amptenare moet nog in kennis gestel word oor of Shrien Dewani se appèl teen sy uitlewering na Suid-Afrika suksesvol was, het The Sowetan Maandag berig.
Dewani het in Desember in die hooggeregshof in Londen geappelleer teen sy uitlewering.
Hy word daarvan beskuldig dat hy die moord op sy vrou Anni in November 2010 in Kaapstad gereël het.
“Uitspraak in die saak is voorbehou. Alle partye wat betrokke is sal ingelig word wanneer die uitspraak gelewer word,” het adv. Mthunzi Mhaga, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê.
Die Belmarsh-landdroshof het in Augustus beslis dat Dewani na Suid-Afrika uitgelewer mag word om verhoor te word.
Theresa May, die Britse minister van binnelandse sake, het die volgende maand sy uitleweringspapiere geteken.
Nietemin het Dewani se regspan teen die uitspraak geappelleer en sê dat hy onder andere te siek is om in Suid-Afrika verhoor te word.
– Lees die volledige berig hier.
– Volg Nuus24 op Twitter
.