SA se misdaad daal
2010-09-09 10:40
Kaapstad - Nathi Mthethwa, die minister van polisie, het Woensdag in Pretoria die nasionale misdaadstatistieke vir die afgelope jaar bekendgemaak.
Volgens die statistieke, wat strek van April 2009 tot April 2010, was daar heelwat afnames in verskeie tipes misdaad.
Moord is af met 8.6%. Dit is die grootste afname sedert 1995, met minder as 17 000 mense wat die afgelope jaar vermoor is, berig Sapa.
Bankroof het met 8.8% gedaal. Gewapende roof is af met 7.5%, terwyl roof met verswarende omstandighede af is met 7.8%.
Vragmotorkapings het gedaal, terwyl motorkapings met 6.8 % af is.
Transitorooftogte het met 7.3% gesak.
Dwelm- en drankverwante misdaad het egter gestyg en Mthethwa het bekendgemaak dat 110 polisielede in die afgelope jaar dood is.
- Hoe voel jy oor die jongste misdaadsyfers? Wat is die pad vorentoe vir misdaadvoorkoming in Suid-Afrika? Gee jou mening in die kommentaarblok hieronder, of stuur 'n brief vir publikasie na terugvoer@nuus24.com.