SA se gunsteling witrenoster sterf

2009-07-28 10:00
Tweets Share Share line Print

Toliwe - Suid-Afrika se bekendste witrenoster, wat onder meer in ’n Cell C-advertensie te sien was, het die jongste slagoffer van stropers geword.

Die karkas van die witrenoster is die naweek dood met ses koeëlwonde gekry. Sy horing was net halfpad afgesaag.

Hy het die afgelope sewe jaar in Mount Savannah, ’n natuurreservaat in die Wieg van die Mensdom, gewoon.

Mnr. Rob Dickerson, Toliwe se eienaar, het gister gesê die renoster het vermoedelik nog geleef terwyl die stropers probeer het om sy horing af te saag. Hulle het waarskynlik geskrik en weggehardloop toe ’n swaar gewonde Toliwe in ’n stadium probeer opstaan het, het Dickerson gesê.

Volgens mnr. Willie Joubert, ’n mede-eienaar van Mount Savannah, het Toliwe, wat ’n massiewe horing gehad het, hom oor  “’n paar dae” doodgebloei. “Dit is verskriklik. Dit is baie, baie hartseer. Ons is almal baie geskok.”

Joubert het gesê Toliwe het as klein kalfie sewe jaar gelede uit KwaZulu-Natal op Mount Savannah aangekom en is met die hand grootgemaak. Dit is onseker wat destyds van sy ma geword het. Hy het oor die jare mak geword.

Dickerson het gesê Toliwe is die Zoeloe-woord vir “’n baba wat in die veld gekry is”.

“Toliwe was so mak dat hy nader gestap het as hy mense of voertuie gesien het. Hy het selfs toegelaat dat mense hom streel.”

Mense wat die naweek in ’n ligte vliegtuig oor Mount Savannah gevlieg het, het Toliwe se karkas Saterdag uit die lug gesien en Joubert ingelig. Die polisie se forensiese eenheid het twee koeëls uit Toliwe se karkas gesny.

Behalwe die wonde van dié twee koeëls, was daar nóg vier koeëlwonde. Dickerson vermoed die stropers het ’n .243-geweer met ’n klankdemper gebruik om Toliwe te skiet.

“Ek is verpletter,” het hy gesê. Hy vrees nou ook vir die lewe van sy drie ander renosters in die reservaat.

Toliwe is steeds te sien in episodes van die TV-program Wild at Heart, wat op die BBC-kanaal uitgesaai word.

Kapt. Jacob Raboroko, woordvoerder van die Krugersdorp-polisiekantoor, het bevestig ’n saak ingevolge veediefstal-wetgewing is geopen. Hy het gesê die Wes-Randse veediefstal-eenheid sal die saak ondersoek.

Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

Dit is die tweede renoster binne ’n maand wat in die omgewing gestroop is. ’n Witrenoster is sowat ’n maand gelede in die Krugersdorp-wildtuin doodgeskiet.

Volgens Dickerson is daar ’n groot beloning – minstens R20 000 uit sy eie sak – vir enigiemand wat inligting oor die stropers het.

-Beeld

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Die subsidie sal maak dat klein maatskappytjies wat nie die duur vakbonds lone kan bekostig nie hulle in diens sal kan neem. Daar sal dus meer poste beskikbaar wees vir die wat wel wil werk en werk soek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.