SA-sanger vir manslag ondersoek
2013-02-03 15:00
Johannesburg – 'n Ongeluk word deur die Gautengse polisie ondersoek nadat 'n bekende Suid-Afrikaanse sanger 'n bejaarde voetganger in Soweto raakgery het.
Polisiewoordvoerder ao. Kay Makhubela het gesê 'n saak van strafbare manslag word ondersoek nadat die sanger die 79-jarige vrou Maandag raakgery het terwyl sy besig was om die straat oor te steek.
Die vrou is later in die hospitaal dood.
"Nadat die ondersoek voltooi is, sal die saak hof toe geneem word vir 'n besluit (of die sanger aangekla gaan word of nie)," het Makhubela gesê.
Geen datum is nog vir die verhoor vasgestel nie.
Makhubela het gesê die polisie wag op die uitslag van die nadoodse ondersoek asook verklarings deur ooggetuies.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA