Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

‘SA sal binne 5 jaar brand’

2012-04-07 11:00
Tweets Share Share line Print

Durban – “Suid-Afrika sal binne vyf jaar brand en sy eie Arabiese Lente hê met miljoene jong mense wat oor werkloosheid en swak onderrig in opstand kom”.

Só het Eugene Daniels, direkteur van die Metro-Suid-onderwysdistrik in die Wes-Kaap, vandeesweek hier op ’n kongres oor basiese onderwys gesê.

Volgens Daniels word die land deur skrikwekkende gevolge in die gesig gestaar met meer as vier miljoen jong mense wat werkloos is en geen vooruitsigte het nie.

“Die jeug is kwaad en onderwys is tussen politiek en burokrasie vasgevang. Daar gaan niks van hierdie land oorbly as ons soos nou aangaan nie. En die opstande van 1976 sal soos ’n piekniek lyk.”

Daniels meen dis belaglik om elke jaar ’n ophef van die matriekslaagsyfer te maak terwyl derduisende leerders uit die skoolstelsel val en nie eens tot matriek vorder nie. Duisende wat wel deurkom, het egter ook geen vooruitsigte of geleenthede nie.

“Ons is middelmatig. Ons lei niemand om die bos nie en die kinders weet ook ons maak geen verskil nie.”

Hy het verwys na net een uit agt jeugdiges jonger as 25 wat ’n werk het, waarvan 40% in die opkomende ekonomie is.

Daniels het gesê vandag se leerders is baie anders en tog probeer die onderwysstelsel om die toekoms te bereik op dieselfde manier as hoe dinge in die verlede gedoen is.

Daniels meen die onderwysstelsel moet heeltemal hervorm word en om dit te bereik, mag dit nodig wees om onderwysers ’n hele jaar uit die stelsel te haal en “alles tot stilstand te bring”.

Hy het gesê beroepsgerigte opleiding en vakmanskap moet dringend reggeruk en bevorder word. “In Switserland skryf 70% van gr.10-leerders vir vakleerlingskappe in. Hier wil almal universiteit toe gaan. Ons stuur op ’n ramp af.”

Dr. Nick Taylor, senior navorsingsgenoot by JET Education Services, ’n nieregeringsorganisasie, het na skoolverandering verwys en gesê dit lyk of die regering nou meer op verantwoordbaarheid begin klem lê. “Maar die mate waartoe onderwysers op verantwoordbaarheid kan reageer, is afhanklik van hul kapasiteit.”

Taylor het gesê baie kan gedoen word om skoolleierskap, bestuur en klaskamerkwessies te verbeter, maar uiteindelik gaan alles oor kennisoordrag of die verwerwing daarvan.

Hy het na die projek van die Suider- en Oos-Afrika-konsor­tium vir die ­monitering van onderwysgehalte ­(Sacmeq) verwys waar onderwysers en leerders oor dieselfde items getoets is.

Dit het aan die lig gekom Suid-Afrikaanse onderwysers vaar nie swak met elementêre kennis nie, maar hulle sukkel baie met moeiliker begrippe en kan dit glad nie oordra nie.

“As onderwysers se kennis van hul vakke nie dramaties verbeter nie, sal ons aanhou om net laeplafon-verbeterings te sien,” het dr. Taylor gesê. 

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: werkloosheid  |  onderwys
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
73 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel Cronje sê... coup Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Vredefort - 10:19 AM
    Road name: R59
    ACCIDENT (two trucks) at the R721
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.