SA polisie ondersoek nog Campbell-diamante

2010-08-07 14:14
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die ondersoek na die ongeslypte diamante wat ‘n trustee van die Nelson Mandela Kinderfonds by die supermodel Naomi Campbell gekry het, duur voort.

“Ons het nog nie enige nuwe leidrade in die ondersoek om te bepaal wat die storie met hierdie diamante is nie,” het die Valke se woordvoerder, Musa Zondi, Saterdag gesê.

Zondi het Vrydag aangedui die polisie sal met baie mense onderhoude moet voer - selfs met Campbell, indien dit nodig geag word.

Die “klippies” se egtheid is onlangs deur die Diamantraad getoets en daar is bevind dat dit wél diamante is, maar die waarde daarvan is nog nie vasgestel nie.

Zondi het gesê dit sal nie maklik wees om vas te stel of dit sogenaamde “bloeddiamante” is nie, “maar daar is maniere om dit te takel.”

“Bloeddiamante” is diamante wat gebruik is om burgeroorloë te befonds.

Volgens Zondi kan ‘n persoon in Suid-Afrika wat met ongeslypte diamante betrap word tot 10 jaar tronkstraf uitdien, ‘n R250 000-boete opgelê  word, of albei.

Zondi het bevestig ‘n trustee van die Nelson Mandela Kinderfonds het die diamante aan hulle oorhandig en gesê hy het dit van Campbell ontvang.

Jeremy Ratcliffe het gesê hy het die diamante Donderdag aan die polisie oorhandig. Campbell het Donderdag in Den Haag in die verhoor van die voormalige Liberiese leier Charles Taylor getuig dat sy “vuil klippies” van hom (Taylor) ontvang het ná ‘n ete in Suid-Afrika in 1997 waarvan einste oudpres. Nelson Mandela die gasheer was.

Ratcliffe sê Campbell het die “klippies” in 1997 op die Bloutrein aan hom gegee. Hy was tot Donderdag in besit daarvan.
 

- SAPA

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Die subsidie sal maak dat klein maatskappytjies wat nie die duur vakbonds lone kan bekostig nie hulle in diens sal kan neem. Daar sal dus meer poste beskikbaar wees vir die wat wel wil werk en werk soek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.