SA op pad na ‘volbloed roofstaat’

2010-08-27 06:37
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van die vakverbond Cosatu, het gister kaalvuis ingeklim onder Suid-Afrika se “korrupte politieke elite” en gesê hulle is besig om die land in ’n “volbloed-roofdierstaat” te omskep.

Hy het die “skandalige” Ar­celor Mittal-transaksie uitgesonder waardeur vriende en familielede van pres. Jacob Zuma op omstrede wyse miljoene rande se aandele in die waardevolle Sishen-myn gekry het.

“Ons stuur af op ’n roofdierstaat waar ’n magtige, korrupte en demagogiese elite van politieke hiënas die staat toenemend gebruik om ryk te word,” het Vavi gesê.

Nes die “hiëna en haar dogters” in die natuur “eerste vreet”, só “vreet die staatshoof se familie eerste” in dié roofdierstaat.

“Ons móét nou keer dat Suid-Afrika ’n staat word waar korrupsie die norm is en geen besigheid met die regering gedoen kan word sonder om eers ’n korrupte hekwagter te betaal nie,” het Vavi op ’n nuuskonferensie by Cosatu-huis in Johannesburg gesê.

Cosatu se senior leiers het strydlustig uitgevaar teen ’n spandabelrige regering en bevoorregte ministers wat vir staatsdienswerkers oor beperkte fondse predik.

Vavi het die regering ingevlieg oor uitgawes op Wêreldbeker-sokkerkaartjies en gemaan hulle “onderskat” werkers se woede. Ministers wat in luukse Duitse motors rondry en wie se kinders in private skole is, moet ook liefs stilbly.

“Daardie groen boek (ministe­riële handboek) wat ministers die reg gee om in die Mount Nelson-hotel te bly – die werkers weet hiervan en hulle is kwaad.”

Volgens S’dumo Dlamini, Cosatu-president, moet die regering, en nie vakbonde nie, verantwoordelikheid aanvaar vir siek babas en pasiënte wat weens die staatsdiensstaking in staatshospitale dood is.

Cosatu is onverbiddelik daaroor dat staatsdienswerkers nie sal bes gee nie totdat die regering aan hul verhoogde salaris-eise voldoen. Voorts sal al die vakbonde wat by Cosatu geaffilieer is volgende Woensdag aan ’n sekondêre staking deelneem uit simpatie met staatsdienswerkers se nood.

Oor die ANC-alliansie het Vavi gesê die wittebrood ná die Polo­kwane-konferensie is verby. Cosatu is teleurgesteld oor onvervulde beloftes vir ’n nuwe nywerheidsbeleid en ’n ekonomiese groeiplan.

Pleks dat die ANC fokus op disfunksionele skole en die “katastrofiese” 1,1?miljoen werksverliese sedert 2009, “bemoei hy hom eerder met leierskapkwessies”.

Die vakverbond het nie begrip vir die ANC se haas met ’n onafhanklike mediatribunaal terwyl daar brandende kwessies soos werkloosheid en armoede is nie.

Hoewel Cosatu gekant is teen selfregulering in die gedrukte media, “kan ons nie ons blindelingse steun gee aan iets wat korruptes wegkruipplek sal gee nie”, het Dlamini gesê.

Volgens Vavi sal die ANC eers moet navorsing doen oor die regte model vir regulering. “Wat beteken ‘onafhanklik’? In die Suid-Afrikaanse konteks beteken dit dr. Ben Ngubane (SAUK-raadsvoorsitter), en dít maak ons bang.”

Cosatu waarsku gieriges probeer die ANC oorneem en dat dit dienslewering verlam. Dit is so erg dat kiesers teen volgende jaar se plaaslike verkiesings hulle by opposisiepartye kan skaar.

“Dit gaan ’n uitdaging wees om kiesers in sommige arm gemeenskappe te oortuig om by die ANC te bly,” lui hul verklaring.

Cosatu het ook daarteen besluit om alle ANC-kandidate in volgende jaar se verkiesings goedsmoeds te steun. “Ons weier om veldtogte te voer vir ’n dief of onbevoegde, lui mense wat hulself net vir eie gewin beskikbaar stel.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: staking  |  cosatu

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Die subsidie sal maak dat klein maatskappytjies wat nie die duur vakbonds lone kan bekostig nie hulle in diens sal kan neem. Daar sal dus meer poste beskikbaar wees vir die wat wel wil werk en werk soek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.