SA nie immuun teen terreur, waarsku kenner

2011-01-26 07:06
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Suid-Afrika moet besef hy is nie immuun teen terreuraanvalle soos dié eergister in Moskou se grootste lughawe nie.

“Suid-Afrika het trouens ’n gemaklike wegkruipplek en daarom ’n spil geword waar om verskeie terreurgroepe hul internasionale aktiwiteite beplan.”

So waarsku prof. Hussein Solomon, dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat, nadat hy die laaste paar jaar reeds tendense van dié groeperings in Suid-Afrika volg.

Rusland het ’n veel groter geskiedenis van terreurvoorvalle weens sy onderdrukking van groeperings in veral die Kaukasus-gebied.

As ’n aanval met die omvang van eergister se ontploffing dus so maklik op ’n sagte teiken vol internasionale besoekers in dié land kan plaasvind, kan dit des te meer in Suid-Afrika ook gebeur, meen Solomon.

Minstens 35 mense, onder wie twee Britte, is in Moskou dood en 180 beseer toe twee selfmoordbomaanvallers met ’n tas vol plofstof en metaalstukkies eenvoudig tot in die internasionale aankomssaal gestap en die bom laat ontplof het.

Die Russiese regering het aangekondig dat hy laksheid met veiligheidsmaatreëls by die lughawe onder die polisie en lughawebeamptes indringend gaan ondersoek.

Intelligensiebronne in Suid-Afrika, wat die invloei van onwettige immigrante na die land ondersoek, het gister gesê nagenoeg 50% van dié immigrante het duistere motiewe wanneer hulle die land binnekom.

Baie van hulle bekom in Suid-Afrika onwettige Suid-Afrikaanse paspoorte wat hulle weer gebruik om elders ter wêreld by terreuraktiwiteite betrokke te raak.

Sowat ’n week gelede het die polisie en die departement van binnelandse sake 355 onwettige immigrante van Pakistan, Bangladesj en China by Crown Mines in Johannesburg aangekeer.

Hulle word tans nog ondervra om te bepaal waarom hulle in die land is.

Volgens Solomon was daar die laaste paar jaar ’n toenemende neiging van ekstremiste wat Suid-Afrika as deurgangsroete of veilige hawe gebruik het.

“In ag genome wapenopslagplekke wat gevind word, korrupte polisielui, verpolitiseerde intelligensiedienste en ’n gebrek aan kundigheid maak die langtermynprognose vir Suid-Afrika my baie bekommerd.
“Die veiligheid tydens WB 2010 was in ’n groot mate aan die teenwoordigheid van ander lande se veiligheidskenners in die land toe te skryf.

“Dit het tot ’n valse gevoel van veiligheid onder Suid-Afrikaners en die veiligheidsmagte gelei dat dit goed gaan in die land en alles onder beheer is,” het Solomon gesê.

Volgens Solomon is daar verskeie ekstremiste met bande in Mosambiek, Somalië en elders die afgelope jaar aangekeer, maar daar is waarskynlik baie meer wat ongesiens oor die landsgrense met sy gebrekkige beheer glip.

Pres. Jacob Zuma het gister sy meegevoel met Rusland en die naasbestaandes van slagoffers betuig.

Luidens ’n verklaring van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking veroordeel Suid-Afrika terreur in al sy vorme en sal die regering met Rusland en die wêreld saamstaan teen dié bedreiging.

“Ek het met skok en hartseer van die aanval gehoor ... Suid-Afrikaners voel jul pyn en hartseer,” het Zuma luidens die verklaring gesê. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: terreur-aanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Die subsidie sal maak dat klein maatskappytjies wat nie die duur vakbonds lone kan bekostig nie hulle in diens sal kan neem. Daar sal dus meer poste beskikbaar wees vir die wat wel wil werk en werk soek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.