'SA moet balans vind'

2012-02-03 08:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ’n Versigtige en delikate balans is in Suid-Afrika nodig om inklusiwiteit aan die een kant te bou en regstellende maatreëls aan die ander toe te pas.

Só het Kuben Naidoo, hoof van die sekretariaat van die Na­sionale Beplanningskommissie, Donderdag by die F.W. de Klerk-stigting se jaarlikse konferensie gesê.

Hy het daarop gewys dat die Grondwet ’n duidelike grondslag vir herstel en regstellende aksie bied om die ongelykhede van die verlede reg te stel.

“Dit vereis egter ’n baie versigtige en delikate balans. Omdat apartheid geleenthede in terme van ras gedefinieer het en ras steeds die grootste bepalende faktor vir geleenthede is, is dit net natuurlik dat herstelmaatreëls rasgebaseerd moet wees.”

Die diagnostiese verslag van die beplanningskommissie het getoon Suid-Afrika het daarin misluk om mense te verenig en herstellende maatreëls behoorlik toe te pas.

“Ons moet ons sokkies aan albei fronte optrek. Leiers oor die hele spektrum is nodig om as voorstanders van en waghonde vir eenheid én versoeningspogings en herstel op te tree.”

Ekonomiese transformasie moet oor meer gaan as om net die kleur van die elite te verander, het Naidoo gesê.

Volgens hom het die regering én die private sektor gefouteer in die toepassing van herstelmaat­reëls. “Die Wet op Diensbillikheid sê nie maatskappye of die openbare sektor moet mense aanstel wat nie aan die nodige kriteria voldoen nie. Dit gebeur egter dwarsdeur die ekonomie.”

Weerstand teen regstellende aksie wat na behore in die werkplek of universiteite toegepas word, is volgens hom ’n belediging vir die Grondwet. “Mense wat vir die afskaffing van regstellende aksie vra, ontken die uitwerking wat apartheid op geleenthede vir swart mense gehad het.”

De Klerk het in sy toespraak gesê pres. Jacob Zuma en die beplanningskommissie slaan die spyker op die kop wanneer hulle sê Suid-Afrikaners behoort met mekaar te praat. “Ons neem nie mekaar se strewes, belange en besorgdheid in ag nie. In plaas daarvan het ons in faksies opgebreek.”

Gemeenskaplike terrein moet volgens hom gevind word om eenstemmigheid oor oplossings te bereik. “Ons het pragmatiese dialoog nodig waar die siening van alle deelnemers gerespekteer en opgeweeg kan word. Suid-Afrika het sedert 1994 op sy beste presteer wanneer hy ’n pragmatiese beleid gevolg hetm en op sy swakste wanneer hy toegelaat het dat ideologie die botoon voer.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Die subsidie sal maak dat klein maatskappytjies wat nie die duur vakbonds lone kan bekostig nie hulle in diens sal kan neem. Daar sal dus meer poste beskikbaar wees vir die wat wel wil werk en werk soek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.