SA media ‘dwing’ ANC na eie koerant, sê Manyi

2011-03-28 07:38
Tweets Share Share line Print

Die media is volgens Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder, besig om die regering “te dwing” om sy eie, staatsbeheerde dagblad te skep.

Manyi het gister gesê die media, veral koerante, se selektiewe dekking van die regering se werk het hom genoodsaak om sy kommunikasie-en-inligtingsdiens (GCIS) se tweemaandelikse tydskrif, Vuk’uzenzele, van volgende maand as ’n maandelikse koerant en teen Maart volgende jaar tweeweekliks uit te gee en binnekort “selfs in ’n dagblad te omskep”.

Die tydskrif, waarvan Manyi geen geheim maak dat dit ’n regeringsmondstuk is nie, word van einde volgende maand ’n maandelikse koerant waarvan twee miljoen afskrifte gedruk sal word. Dit sal van Vuk’uzenzele die publikasie met die grootste sirkulasie in die land maak.

Manyi het gister bevestig die produksie van die koerant sal sowat R1 miljoen per uitgawe kos.

“Dit word intern (deur die GCIS-begroting) gefinansier.

“Daar’s niks hiermee fout nie, want die regering het ’n plig om mense in te lig; dis deel van dienslewering.”

Die koerant gaan dus nie staatmaak op advertensiegeld as inkomstebron nie. Hoewel advertensies die las op belastingbetalers sal verlig, kan dit volgens Manyi ruimte in die koerant wegvat.

Manyi meen die media dek “net twee uit elke tien kwessies” wat die regering se werk betref en veral koerante “sensor” die inligting wat die regering uitgee.

“Die media gebruik hul diskresie en hoe meer hulle aanhou om oor twee uit tien kwessies te berig, hoe meer maak hulle dit vir ons ’n soliede saak om ’n dagblad te hê. Die bal is dus in die media se hande.”

Hy meen “nie eens die helfte” van kwessies wat hy op mediakonferensies ná kabinetsvergaderings weergee, word deur die media gedek nie.

Die GCIS het reeds ’n tender geadverteer vir dié koerant, wat in al 11 amptelike tale beskikbaar sal wees en gratis versprei sal word. Tyrone Seale, ’n voormalige Beeld-joernalis en besturende redakteur van die tydskrif, asook direkteur van GCIS-inhoud, sal dié koerant se redakteur word.

Wilmot James, federale voorsitter van die DA, het gesê hulle is gekant daarteen omdat belastingsbetalersgeld gebruik sal word om die regering se beleidsrigtings te bevorder.

Dr. Pieter Mulder, VF+-leier, het gesê “daar’s ’n groot verskil tussen ANC-propaganda en staatsinligting”.

“Die ANC het tot nou toe dié duidelike onderskeid oorskry, so ek’s baie skepties.”

Eerw. Kenneth Meshoe, ACDP-leier, meen dié koerant is ’n “oorwinning vir die SA media”.

“Die regering sien duidelik hy kan nie die media manipuleer of beheer nie, so hy word genoodsaak om sy eie koerant-mondstuk te publiseer.”

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Die subsidie sal maak dat klein maatskappytjies wat nie die duur vakbonds lone kan bekostig nie hulle in diens sal kan neem. Daar sal dus meer poste beskikbaar wees vir die wat wel wil werk en werk soek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.