SA mans 150 km ver toe vulkaan uitbars

2011-05-24 08:37
Tweets Share Share line Print

Reykjavik - Twee Suid-Afrikaanse avonturiers in Ysland het nie besef hulle is moontlik in lewensgevaar toe die vulkaniese as van die Grimsvotn-vulkaan die hemelruim om hulle verdonker het nie.

Riaan Manser en Dan Skinstad, wat probeer om rondom Ysland in ’n dubbelkajak te roei, was verstom en het nie geweet wat aangaan nie.

“Dit was die eienaardigste ding om te sien,” het Manser Maandag in ’n telefoniese onderhoud gesê.

“Ons het sowat 150 km van die Grimsvotn-vulkaan rondgeloop om na die Vatnajokull-gletser te kyk toe die vulkaan uitbars.”

Weens gure weer en stormsterk winde het hulle besluit om eerder die omgewing te verken.

“Mense naby die vulkaan het gesê daar was ’n ligte aardbewing, maar ons het niks gevoel of gehoor nie.

“’n Waarskuwing om onmiddellik na Hofn, ’n dorpie aan die voet van die gletser, terug te keer, het my laat besef ons lewe is moontlik in gevaar.”

Die vulkaniese hitte smelt die ys in die omgewing wat die riviere in vloede laat afkom. Dit kon die mans moontlik vaskeer of meesleur.

“In Ysland word dit dié tyd van die jaar eers ná middernag donker en word dit weer om ongeveer 02:00 lig. Dit het Saterdag reeds om 19:00 (sowat ’n uur ná die uitbarsting) donker geword en Sondag eers laat die oggend begin lig word.”

Manser en Skinstad was verlig dat hulle nie op see was toe die vulkaan uitgebars het nie weens sterk seestrome wat die vloede sou veroorsaak. Die mans het Sondag uit nuuskierigheid in die rigting van die vulkaan gery.

Volgens Manser kon hy ongeveer 70 km van die vulkaan nie verder as 8 m om hom sien nie.

“Die vulkaniese as is ontsettend fyn en dig. Ek het nie besef ek asem die as in nie. Die meeste mense het met maskers rondgeloop. Ek het nie een gehad nie en gisteroggend kon ek die nagevolge voel. My neus het begin bloei en my bors was seer.”

Manser sê die vulkaniese as het bo-op die ysberge en gletsers gaan lê en vir pragtige natuurtonele gesorg, maar die boere van die omgewing is besorg oor hul vee.

“Dit is nou lamseisoen in Ysland en die boere hier vrees vir hul lammers. Hulle het ná die uitbarsting die diere onderdak toegesluit. Die as kon duidelik op die wit diere se lywe gesien word.”

Die mans het nie nader aan die vulkaan beweeg nie omdat die polisie hulle gewaarsku het dat voertuie sal vassit.

Volgens Peitur Arason, ’n weervoorspeller van die Yslandse weerkantoor, waai sterk hoëvlak-winde die aswolk grootliks noordweswaarts. Laevlak-winde waai die as egter suidwaarts na Brittanje en Europa. Die aswolk kan die lugruim bo Europa later vandeesweek bereik wat moontlik dié lughawens se werking sal beïnvloed.

Ysland se lugruim is kort ná die uitbarsting gesluit. Thierry Mariani, Frankryk se junior minister vir verkeer, het gesê as die aswolk Europa bereik, sal vlugte in Frankryk gekanselleer word.

Volgens kenners sal die verspreiding van die aswolk afhang van windsterkte en hoe lank die uitbarsting voortduur. Die Deense lugbeheer-owerheid was intussen genoodsaak om ’n deel van sy Groenlandse lugruim Maandag te sluit.

Manser tweet regstreeks uit Ysland oor nuwe verwikkelinge onder die naam riaanmanser.

- Volksblad

Lees meer oor: riaan manser  |  ysland  |  vulkane

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Die subsidie sal maak dat klein maatskappytjies wat nie die duur vakbonds lone kan bekostig nie hulle in diens sal kan neem. Daar sal dus meer poste beskikbaar wees vir die wat wel wil werk en werk soek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.