SA man deur Maddie McCann se ouers gekap

2011-05-22 09:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Kate McCann, ma van die vermiste Britse meisie Madeleine, sê in haar nuwe boek dis Danie Krügel van Bloemfontein se skuld dat sy en haar man, Gerry, verdagtes in die ondersoek geword het.

McCann skryf die Portugese polisie se ondersoek het ’n wending geneem kort nadat Krügel met sy sogenaamde Matter Orientation System-toestel ’n plek uitgewys het waar gesoek moes word en daardeur geïmpliseer het dat Madeleine – oftewel Maddie – dood is.

Die omstrede Krügel en sy toestel was al talle kere in die nuus. Hy het in 2007 beweer hy het die beendere van slagoffers van die pedofiel Gert van Rooyen in die veld naby Van Rooyen se huis in Pretoria gevind.

Hy beweer ook dit was hý wat onlangs die oorskot van die vermoorde Michael van Eck in Welkom opgespoor het. Sy aansprake is egter nooit deur die polisie of forensiese kenners bevestig nie.

Madeleine het op 3 Mei 2007 kort voor haar vierde verjaardag weggeraak terwyl sy en haar gesin in Praia da Luz, Portugal, met vakansie was.

Haar ouers het die aand saam met vriende gaan eet en volgens hulle gereeld gaan kyk of alles wel is met Madeleine en die tweeling, Sean en Amelie (toe twee jaar oud), waar hulle in die woonstel geslaap het. Kate McCann het om 22:00 agtergekom Madeleine is nie in haar bed nie.

In haar boek, Madeleine, wat op 12 Mei bekend gestel is om met Maddie se agtste verjaardag saam te val, s kryf sy hoe ’n vriend van Krügel by hulle gepleit het om Krügel se hulpaanbod te aanvaar.

“Ons is wetenskaplikes en ons glo nie in gek uitvindings nie,” skryf sy. (Sy is ’n dokter en haar man ’n kardioloog.) Hoe op aarde kan ’n masjien ’n enkele haar gebruik om iemand enige plek in die wêreld te vind? Maar ons wou Madeleine so graag kry dat ons nie nodig gehad het om te weet hoe dit werk nie.”

Krügel het middel Julie 2007 in Praia da Luz aangekom en drie dae later aan die polisie gesê hy het ’n “statiese sein” naby die strand gekry.

Die implikasie was dat Madeleine dood was en daar begrawe is, skryf McCann. ’n Week later het die polisie onder meer McCann se dagboeke kom haal. Vroeg in Augustus het Portugese media berig snuffelhonde het bloedreuke in die woonstel gevind en bespiegel Madeleine is daar dood en toe in die see gegooi.

Krügel (47), oudpolisieman en nou in ’n arbeidsgeding met die Sentraal-Universiteit vir Tegnologie waar hy hoof van beskermings dienste is, het aan Rapport gesê dit lyk vir hom asof Kate McCann verskeie partye in haar boek beskuldig.

Sy pleidooi nou is dat die gebied wat hy uitgewys het, deeglik deursoek moet word. “Ek weet ek is reg. Ek het baie slapelose nagte hieroor.”

David Cameron, Britse eerste minister, het aangekondig Scotland Yard gaan opnuut na die bewyse in Madeleine se saak kyk.

Die Portugese polisie het die ondersoek in Julie 2008 op die lange baan geskuif. Die McCanns het die boek gepubliseer om openbare steun en geld te kry om verder na Madeleine te soek.

***

Danie Krügel is gereed om sy opsporingstoestel met “mense met die regte motiewe” te deel.

Volgens hom is hy bereid om sy toestel deur ’n wetenskaplike te laat toets, mits die persoon ’n geheimhoudingsklousule teken.
Geheimhouding is nodig “want in die verkeerde hande kan dit vir kwade bedoelings gebruik word”.

As uitvinder loop hy hierdie risiko “amper soos die uitvinder destyds van die beginsels van die atoombom”.

Krügel sê hy het sekere beginsels van sy toestel voorlopig gepatenteer.

Rapport het die patenteregister nagegaan en vasgestel hy het regte tot sover terug as 2007 in die VSA, Noorweë en plaaslik gereserveer. Geen patent is egter toegeken nie.

Ingevolge die patentewet kan ontdekkings en wetenskaplike teorieë nie gepatenteer word nie.

Sy uitvinding word in die register beskryf as “’n metode en toestel vir die opspoor van ’n materie”.

Herman van Schalkwyk, ’n patenteprokureur van Spoor & Fischer in Pretoria, het verduidelik ’n voorlopige patent soos Krügel s’n verleen geen regte aan hom nie.

Sulke aansoeke word nie ondersoek nie, is nie oop vir openbare insae nie en die aansoeker hoef nie sy aansprake te spesifiseer nie.

Krügel beweer hy kan met DNS ’n persoon of lyk opspoor.

Volgens hom werk dit volgens die beginsels van kwantumfisika.

“Die beginsels is eenvoudig. Enigiets in die natuur met dieselfde boublokke is in kommunikasie met mekaar. As jy ’n potlood in twee breek, is daar kommunikasie tussen die twee stukke.”

Prof. Johan Malherbe, hoof van fisika aan die Universiteit van Pretoria, sê daar is geen wetenskaplike gronde vir ’n toestel om vermiste mense op te spoor nie.

“Die argument dat die twee helftes van ’n gebreekte potlood met mekaar kommunikeer, is snert.”

Materie “kommunikeer” oor ’n afstand met elektromagnetiese golwe.

“’n Toestel stuur verwerkte inligting via ’n antenna met ’n elektromagnetiese golf uit en dit word opgevang deur ’n ander antenna wat dit dan na ’n ander toestel stuur.”

***

Danie Krügel beweer hy het suksesse met sy toestel behaal deur vermiste mense, lyke en verdagtes te vind.

Hy het glo die beendere van die slagoffers van die pedofiel Gert van Rooyen in ’n veld naby Van Rooyen se huis in Pretoria gekry. Carte Blanche het in 2007 ’n program hieroor uitgesaai.

Wetenskaplikes het bevestig dis wel mensbene, maar meestal manlik en kon nie met die vermiste meisies verbind word nie.

Die moord van Michael van Eck in Welkom is nóg ’n saak waaroor Krügel op sukses aanspraak maak.

Krügel sê hy het die opspoorwerk gedoen. Kapt. Stephan Thakeng, Goudveldse polisiewoordvoerder, het bevestig Krügel was betrokke, maar wou hom nie uitspreek oor sy aandeel nie.

Baie van die beweerde suksesse kan nie onweerlegbaar bevestig word nie.

In die Welkom-geval het Rapport by twee onberispelike bronne verneem Krügel se masjien was nié deurslaggewend nie.

Hy het ’n soekradius van 10km uitgewys wat enige plek in Welkom en die begraafplaas kon wees.

Die verdagtes is aangekeer nadat hul selfoonseine onderskep is. Die verdagtes het toe glo ingestem om die polisie Van Eck se oorskot te wys.

Krügel sê hy het in 2010 die polisie gehelp om die vermeende verkragter van Monya Holtzhausen van Estoire buite Bloemfontein vas te trek.

Hy sê hy het hare gebruik wat op die man se skeermes was.

Krügel het ’n brief aan Rapport gestuur waarin kapt. Peet Spies van die Valke-eenheid in Bloemfontein sê danksy Krügel se inligting is die verdagte gevang.

En Johan Booysen (31) van Pretoria sê Krügel het in 2007 gehelp om die vliegtuigwrak op te spoor waarin sy pa, Dirk, oorlede is. “Die soekgebied in die Baviaanskloof was 2600 km² groot. Ná twee weke is die amptelike soektog afgelas.

“Vriende het toe verder gesoek en die wrak gekry presies waar Danie gesê het dit sou wees. Danie gebruik die toestel vir ’n goeie doel. Hy vra nie geld nie en doen nie mense leed aan nie.”

- Rapport

Lees meer oor: madeleine mccann

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Die subsidie sal maak dat klein maatskappytjies wat nie die duur vakbonds lone kan bekostig nie hulle in diens sal kan neem. Daar sal dus meer poste beskikbaar wees vir die wat wel wil werk en werk soek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.