Zuma: Staak die sanksies teen Zim

2010-09-28 08:14
Tweets Share Share line Print

Media24-Afrika-kantoor

Pres. Jacob Zuma sal Europese leiers vandag in België rondborstig vra om sanksies teen Zimbabwe op te hef.

Hy was gister reeds in Brussel en sal vandag met mnre. José Manuel Barroso, president van die Europese Kommissie, en Herman van Rompuy, president van die Europese Raad, in die Belgiese hoofstad vergader.

Dit is die derde Europese Unie (EU)-Suid-Afrika-beraad.

“Die president sal Europese leiers baie reguit vra om die sanksies teen Zimbabwe op te hef,” het mnr. Zizi Kodwa, Zuma se woordvoerder, gister uit Brussel gesê.

Zuma is die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se afgevaardigde wat moet verseker die globale politieke ooreenkoms (GPA) wat in 2008 gesluit is, word deur Zimbabwe se twee strydende partye toegepas.

Volgens Kodwa word die sukses van die Zimbabwiese eenheidsregering deur die sanksies gekelder juis omdat dit die beweging van sommige Zanu PF-kabinetslede, onder wie pres. Robert Mugabe, beperk.

Me. Lindiwe Zulu, Zuma se hoof-bemiddelaar in Zimbabwe, glo Europese leiers sal druk op Suid-Afrika plaas juis omdat hulle voel hervorming in Zimbabwe gebeur te stadig.

Sy is saam met Zuma in België.

Intussen het die VSA eergister in ’n verklaring bevestig dat sanksies teen Zimbabwe sal bly, want al herstel die land se ekonomie, kom politieke geweld en intimidasie steeds voor.

Mnr. Morgan Tsvangirai, Zimbabwe se premier, het verlede week vergaderings vir die skryf van ’n nuwe grondwet gestaak nadat geweld byna elke vergadering hieroor in Harare en oor Zimbabwe heen ontwrig het.

“Dit sal goed wees as Westerse lande die sanksies kan ophef ... want dan sal niemand dit kan gebruik om ander mee te mobiliseer nie,” het
Zulu gesê.

“Zanu PF gebruik dit somtyds, selfs die meeste van die tyd, om aan mense te sê: Sien ons kan nie tot dít of dát instem nie, want die sanksies is steeds daar.

“As sanksies opgehef word, sal enig­iemand wat ander (in die onderhandelinge as gyselaar hou) nie ’n been hê om op te staan nie.”

Kodwa glo Zuma het ’n sterk saak om te vra dat sanksies opgehef word.

Zuma is egter nie haastig om Zimbabwe te druk om volgende jaar verkiesings te hou nie.

“Ons wil vrede en sekerheid in die streek verseker. Sulke omstandighede moet geskep word.

“Die verkiesing moet vry en regverdig wees,” het Kodwa gesê.

Zuma besoek België net enkele maande voor die EU se Afrika-beraad in November in Libië.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Die subsidie sal maak dat klein maatskappytjies wat nie die duur vakbonds lone kan bekostig nie hulle in diens sal kan neem. Daar sal dus meer poste beskikbaar wees vir die wat wel wil werk en werk soek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.