SA kry internasionale kollig

2010-07-13 08:03
Tweets Share Share line Print

Den Haag - Vergeet Spanje, vergeet Nederland, vergeet die eindstryd. Suid-Afrika is die ware wenner.

Dít is min of meer die konsensus van baie koerante in Europa en Amerika wat wyer as net die wedstryd kyk. Suid-Afrika word uitvoerig en eufories geprys.

In die Frankfurter Allgemeine Zeitung skryf Thomas Scheen Suid-Afrika het weens die koue van die winter weliswaar nie sy mooiste kant gewys nie, maar wel sy beste kant – “gasvry, hulpvaardig, oor die rassegrense heen verenig en veral doeltreffend”.

Die infrastruktuur het die massa besoekers goed laat vloei, en van die berugte misdaad was min te sien.

Dit het baie Suid-Afrikaners “sprakeloos, maar ook kwaad” gemaak: “In die toekoms sal die Suid-Afrikaners hulle nie meer met lam verskonings laat vertroos as dít of dát nie werk nie.”

Die toernooi het gewys waartoe die land in staat is as die politieke wil maar bestaan.

Peter Vermaas beskryf in die NRCHandelsblad hoe Suid-Afrikaners in massas na die sokker gaan kyk het. Swart én wit “was in trane” toe Bafana uitval.

“Wit en swart was die afgelope weke op ’n gesamentlike sending: Hulle wou afreken met die Afro-pessimisme van voor die toernooi. Die hipermoderne stadions was maklik betyds klaar, die wedstryde het betyds begin en in die land wat volgens die Britse pers ‘gevaarliker as Irak en Afganistan’ sou wees, was daar nouliks ernstige voorvalle.”

Matthew Kaminski meen in die Europese uitgawe van die Wall Street Journal Suid-Afrikaners sien hulself as die wenners van die toernooi. “Hulle het dit gedoen.

“Suid-Afrika het ’n perfek georganiseerde, rasseharmonieuse en – ondanks al die gru-verhale oor moord en verkragting – veilige toernooi aangebied. Die wêreld het ’n blik gekry op Afrika se enigste moderne ekonomie, die glansende lughawens en stadions.”

Tog wag donker wolke – gaan die 40 000 polisiebeamptes wegsmelt, die gevreesde geweld teen vreemdelinge weer losbars?

In die Christian Science Monitor haal Scott Baldauf ook doemprofete aan. Tog, dag ná dag “het Suid-Afrika hom bewys as ewe in staat as Duitsland, Athene of Beijing om ’n groot sportgebeurtenis te huisves. Die skeptici was baie en die skeptici was verkeerd.”

9 uit 10

Suid-Afrikaners moenie in sak en as sit omdat die Wêreldbeker-sokkertoernooi verby is nie, maar moet eerder die Springbokke in die Drienasies-rugbyreeks ondersteun.

Só het pres. Jacob Zuma Maandag in Sandton gesê.

“Ons is hartseer dat die toernooi verby is, maar ons glimlag omdat dit so goed gegaan het.”

Fifa het Maandag Suid-Afrika se lof besing en die land nege uit tien vir sy aanbieding van die toernooi gegee.

Zuma het gesê Suid-Afrikaners was die ware sterre van die toernooi, veral vir die manier waarop hulle mekaar omarm het.

“Doemprofete het sokkeraanhangers gewaarsku om Suid-Afrika te vermy. Die wêreld is gesê om hoë vlakke van misdaad en stadions wat nie klaar is nie te verwag.

“Hulle het egter ’n wennasie van nederige mense ontdek,” het hy gesê. – Retha Grobbelaar

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: suid-afrika  |  2010

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Die subsidie sal maak dat klein maatskappytjies wat nie die duur vakbonds lone kan bekostig nie hulle in diens sal kan neem. Daar sal dus meer poste beskikbaar wees vir die wat wel wil werk en werk soek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.