SA 'kan misluk' oor staat se onbevoegdheid

2011-11-12 10:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die nasionale beplanningskommissie waarsku Suid-Afrika loop die gevaar om weens die staat se onbevoegdheid te misluk met die inwerkingstelling van sy ambisieuse ontwikkelingsplan.

Dít is van die talle tekortkominge wat dié kommissie, aan wie die taak verlede jaar toevertrou is om ’n nasionale ontwikkelingsplan en -visie saam te stel, in ’n omvattende dokument uitlig.

Die plan is Vrydag by die presidensiële gastehuis in Pretoria aan pres. Jacob Zuma oorhandig.

Die kommissie onder leiding van Trevor Manuel, die beplanningsminister, bestaan uit 26 lede onder wie Joel Netshitenzhe, voormalige beleidshoof in die presidensie, mnr. Bobby Godsell, voormalige voorsitter van Eskom, en prof. Ihron Rensburg, rektor van die Universiteit van Johannesburg (UJ).

Daar is luidens ’n diagnostiese verslag van die kommissie 9 brandpunte waarop die regering moet fokus.

Werkloosheid, die swak gehalte van onderwys vir die meeste swart leerlinge, ruimtelike beplanning wat armes daarvan weerhou om te ontwikkel, die gesondheidstelsel wat in duie stort en korrupsie is van die vernaamste struikelblokke.

Die kommissie meen hoewel al 9 kwessies belangrik is, is werkloosheid en ’n beter onderwysstelsel van uiterste belang.

Altesaam 11 miljoen nuwe poste kan ingevolge die plan teen 2030 geskep word en die kommissie stel ’n vyfpunt-plan voor om dié doelwit te haal.

Dit is luidens die plan nodig dat “’n nuwe storie vir Suid-Afrika geskryf word. Die regering het sedert 1994 goed gevaar met die goed wat makliker is om uit te voer soos die betaling van toelae en die voorsiening van water en elektrisiteit. Daar is egter gefaal met moeiliker goed soos om onderwys te verbeter en werk te skep,” lui die dokument.

Die kommissie sê die gesondheidstelsel moet reggeruk word en stel die doelwit dat alle Suid-Afrikaners teen 2030 gehalte-gesondheidsorg – gratis by dienspunte – moet hê.

Baie meer sal ook gedoen moet word om korrupsie aan te pak, word gewaarsku.

“Daar is steeds gapings in die teenkorrupsie-arsenaal. Instansies soos die openbare beskermer (OB) en die spesiale ondersoekeenheid (SOE) word onderfinansier, het nie genoeg personeel nie en word onderwerp aan inmenging van buite.”

Die kommissie sê Suid-Afrika het die potensiaal en kapasiteit om armoede oor die volgende twee dekades uit te wis.

Zuma sal die plan oorweeg, waarna dit aanstaande jaar vir goedkeuring aan die kabinet voorgelê sal word.

Die staat se onbevoegdheid kan daartoe lei dat sy ontwikkelingsplan misluk.Brandpunte waarop die regering moet fokus, is werkloosheid, die swak gehalte van onderwys vir die meeste swart leerlinge, ruimtelike beplanning, die gesondheidstelsel wat in duie stort en korrupsie.Die kommissie sê Suid-Afrika het die potensiaal en kapasiteit om armoede oor die volgende twee dekades uit te wis. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: politiek  |  regering

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Die subsidie sal maak dat klein maatskappytjies wat nie die duur vakbonds lone kan bekostig nie hulle in diens sal kan neem. Daar sal dus meer poste beskikbaar wees vir die wat wel wil werk en werk soek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.