SA ingenieur vasgekeer ná aardbewing

2010-03-01 06:26
Tweets Share Share line Print

Eugene Gunning

George - ’n Suid-Afrikaanse lugvaartingenieur is in Santiago, Chili, vasgekeer sedert ’n verwoestende aardbewing en naskokke die gebied dié naweek getref het.

Gerhard Jordaan (49), wat deesdae in Traralgon, Australië, woon, was gisteraand in ’n wedloop teen tyd gewikkel om uit Chili pad te gee. Hy en sy vrou, Annelie, was veronderstel om Saterdagaand op ’n besoek na Suid-Afrika te vertrek.

Hy sou probeer om met ’n bus oor die Andes-gebergtes na Mendoza in Argentinië te reis. Daarvandaan wou hy per ligte vliegtuig na Beunos Aires vlieg en daar ’n vliegtuig na Australië haal.

Jordaan se penarie speel af teen die agtergrond van die ramp waarin meer as 700 mense reeds dood is nadat ’n aardbewing van 8,8 op die Richterskaal Chili geskud het.

Chili se aangewese president, Sebastián Piñera, het gewaarsku dat die dodetal kan styg.

Hy het gesê dis die ergste skudding in Chili die afgelope 30 jaar.

Ná die aardbewing het verskeie lande voorsorgmaatreëls getref. In Japan is noodpersoneel op ’n gereedheidsgrondslag geplaas uit vrees vir reuse-seegetygolwe, ook bekend as tsoenami’s.

Jordaan het gistermiddagper selfoon uit Santiago aan Die Burger gesê die lughawe in die stad is onbepaald gesluit.

Hy het Chili besoek om een van die vliegtuie van sy Australiese werkgewer te laat sertifiseer.

Jordaan en sy gesin het sowat twee jaar gelede na Australië verhuis nadat hulle vroeër onder meer in Bredasdorp gewoon het.

Volgens Jordaan het hy Saterdagoggend omstreeks 03:30 wakker geword weens die aardbeweging. Hy het gesê dit was angswekkend om so wakker te word, met die hele hotel wat heen en weer skud, en ’n verskriklike gedreun, geknal en gekraak.

Hy kon nie die kamerdeur oopkry nie omdat die gebou van al die geskud vervorm het.

Ná die hoofskudding het hy op sy bed gaan lê en wag vir die naskokke.

“Die naskokke was amper erger – sodra jy dink dis nou verby, dan kom hulle weer. Eers is dit net so ’n ligte geratel wat stelselmatig opbou totdat die hele gebou skud en klap.”

Hy het gesê die Chilene is goed voorberei vir sulke noodsituasies. “Daar heers kalmte en alles is onder beheer.” Die winkels is gesluit en die strate van Santiago is stil.

In Mosselbaai het Jordaan se skoonma, Barbara van der Westhuizen, duim vasgehou dat haar skoonseun wel betyds in Australië sal kom.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: aardbewing in chili

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Die subsidie sal maak dat klein maatskappytjies wat nie die duur vakbonds lone kan bekostig nie hulle in diens sal kan neem. Daar sal dus meer poste beskikbaar wees vir die wat wel wil werk en werk soek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.