SA het te min petrol

2012-02-01 07:03
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Vulstasies in dele van die land loop droog weens ’n landwye tekort aan brandstof en ’n toeloop Dinsdag voordat die prys van petrol middernag gestyg het.

Die tekort aan petrol kan tot die middel van volgende maand duur nadat probleme by raffinaderye en die Durbanse hawe ondervind is.

Peter Noke, nasionale direkteur van die Suid-Afrikaanse Petroleum-kleinhandelaarsvereniging ­(Sapra), het gesê die petroleumbedryf is onder konstante druk wat nie gou opgelos gaan word nie.

“Die bedryf is reeds vanaf November verlede jaar onder druk nadat beplande en onbeplande instandhouding nodig was by die Sapref- (Shell en BP) en Enref-raffinadery (Engen).”

Dit is vererger weens probleme met die pompstasie buite die hawe. Die stelsel maak gebruik van ’n boei wat deur olietenkskepe gebruik word om ru-olie na die raffinaderye by Durban se hawe te pomp. Sowat 80% van alle ru-olie wat vir Suid-Afrika bestem is, word deur Durban se hawe gepomp.

Noke het verduidelik dat spesialisduikers nodig was om die pompstelsel te herstel.

“Die duikers mag net 16 minute onder water sweis en dan eers weer ná 32 uur. Ons moes ook spesialiste van die buiteland inbring omdat daar nie genoeg duikers met die nodige vaardighede in die land is nie.”

Terwyl die tenkskepe buite Durban se hawe gewag het vir die herstel van die pompstelsel, kon Sapref en Enref nie olie raffineer nie.

“Wanneer ’n raffinadery ‘afskakel’ kan dit nie net oornag weer ‘aangeskakel’ word nie. Dit neem minstens twee weke om weer op dreef te kom.”

Hy het gesê daar was dringende samesprekings tussen die regering, raffinaderye en ander betrokkenes om te probeer om die huidige tekort te voorkom.

“Daar is meer as een probleem. Die feit bly staan infrastruktuur skiet tekort.

“Dit is oud en daar is nie genoeg bergingsplek nie.”

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: petrol  |  petroltekort

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Die subsidie sal maak dat klein maatskappytjies wat nie die duur vakbonds lone kan bekostig nie hulle in diens sal kan neem. Daar sal dus meer poste beskikbaar wees vir die wat wel wil werk en werk soek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.